Leeuklub:

Die Leeuklub is Hoërskool Bellville se amptelike Ondersteuners en Oud-leerders klub. Deur sosiale geleenthede aan te bied en verskeie groeperings van ondersteuners van die skool bymekaar te bring, help Die Leeuklub om die gemeenskap van die skool te versterk en ‘n gevoel van eenheid te skep. Die fokus op die verwydering van grense tussen sport-, kultuur- en akademiese ondersteuners is belangrik vir die bou van ‘n inklusiewe en ondersteunende omgewing waarin alle lede van die gemeenskap waarde en samewerking voel.
Die Leeuklub is HS Bellville se amptelike Ondersteuners en Oud-leerders klub. Die klub poog om al die ondersteuners van die skool in geheel en as ‘n geheel bymekaar te trek deur sosiale geleenthede deur die jaar te skep waaraan al die ondersteuners deel kan hê. Op hierdie manier poog ons ook om die gaping tussen Sport, Kultuur en Akademiese ondersteuners van die skool te verwyder sodat almal die skool as ‘n geheel kan ondersteun.

Ondersteun Hoërskool Bellville deur middel van MySchool

Soos wat die meeste mense weet, kan ‘n mens deur middel van MySchool ‘n lojaliteitskaart aan die skool of organisasie van jou keuse, aan aankope by sekere winkels, koppel. Hierdie winkels gee dan aan die gekose skool of organisasie ‘n sekere persentasie van die wins. Hierdie strategie bied aan die Hoërskool Bellville ‘n noemenswaardige inkomste. Haal dus ‘n bietjie daardie MySchool-kaart uit en gebruik hom!

Woolworths gee nou op sommige produkte ook lekker afslag as jy jou MySchool-kaart voor die transaksie toon.

As u reeds ‘n MySchool-kaart het wat gekoppel is aan ‘n ander skool, is dit nie nodig om vir ‘n nuwe kaart aansoek te doen nie, maar beter om net u MySchool-profiel te verander om ons te ondersteun.  U besonderhede kan maklik nagegaan en op datum gebring word by www.myschool.co.za (klik op ‘update my profile’) of skakel MySchool by 0860 100 445.