Oudbond

Oudleerder-registrasie

Om gelys te word op die oudleerder-databasis moet u asseblief die onderstaande vorm so volledig as moontlik voltooi.

Groepfoto’s: Versoek aan alumni

Hoërskool Bellville heg groot waarde aan tradisie en wil daarom graag ten minste een raam met foto’s van elke matriekgroep in ons gange laat pryk. Dit moet verkieslik klasfoto’s of groepfoto’s van ‘n bepaalde aktiwiteit wees, bv. ‘n tennisspan of die leerderraad. Ons benodig egter hulp om sulke foto’s vir die volgende jare te verkry:
*1937 tot 1940
*1943
*1945 en 1946
*1955
*1957
*1963 tot 1965
*1972 en 1973
*1983
*1986
*1993
*1996
*2004 en 2005
*2007
*2009
Indien u kan help, kontak asseblief vir mev. Celia McDonald by cmcdonald@hsbellville.co.za