Toutrek

Hoërskool Bellville is in ‘n vennootskap met Westcliff Vaardigheidskool. Leerders wat aan toutrek deelneem, maak van die puik toutrekfasiliteit en afrigters by Westcliff se sportgronde gebruik. Die seuns neem deel as/verteenwoordig Westcliff en die meisies neem deel onder die Bulldogs-naam. SAJTU (SA Junior Toutrek-unie) het ‘n Mini SA’s in 2021 aangebied met net die internasionale gewigte, 520 kg Gemeng (vier seuns en vier dogters), 480 kg Dogters en 560 kg Seuns. Die Bulldogs 480 kg-dogters het hulle 480 kg-afdeling gewen en is as SAJTU-kampioene aangewys wat hulle ook laat kwalifiseer om SA by die Wêreldkampioenskap in Spanje te verteenwoordig. Die Westcliff Bulldogs se 520 kg-gemeng het ‘n derde plek behaal. Die span het hulle 480 kg-“toets” teen Basque Country gewen. Jamey Coetzee – SA Junior Protea-kleure, Chrismari Sparks – SA Junior Protea-kleure, Ellené Els – SA Junior Protea-kleure.

In 2022 het Kaylen Keown SA in Nederland by die “European Tug-of-War Championships” verteenwoordig. In 2023 het vyf van ons dogters gekwalifiseer om SA by die Wêreldkampioenskap in Switserland te gaan verteenwoordig nadat hul die 480kg- en 520kg- afdelings gewen het en as SAJTU-kampioene in beide afdelings gekroon is. Hierna het hul goud verower nadat hul Engeland geklop het. Die volgende leerders het in 2023 presteer: Kayla Canovi (SA Junior Protea-kleure), Britney Keown (SA Junior Protea-kleure), Kaylen Keown (SA Junior Protea-kleure), Annabelle Meiring (SA Junior Protea-kleure)  en Karla Swart (SA Junior Protea-kleure).

In 2024 het ons seunspan by Hoërskool HTS Drostdy aan die WP-/Wynland-Kompetisie deelgeneem en word hul gekroon as die WP-kampioene in die 560kg en die 600kg afdelings. Ons meisies/Bulldog span het hierdie jaar by die SA Toutrekkampioenskappe deelgeneem in Kimberley en word gekroon as die SAJTU – Kampioene in die 440kg, 480kg en die 520kg afdelings. Die volgende leerders het in 2024 presteer: Kayla Canovi (SA Kampioen), Britney Keown (SA Kampioen), Julico Dippenaar (SA Kampioen), Annabelle Meiring (SA Kampioen), Charet Potgieter (SA Kampioen), Karla Swart (WP – Kleure), Rouxan Sparks (WP – Kleure), Dian Pretorius WP – Kleure), Liam Meiring WP – Kleure), Joshua Nel (WP – Kleure), Iwan de Jager (WP – Kleure) en Gerhard Groenewald (WP – Kleure).

Organiseerder
Mnr D Aspeling
daspeling@hsbellville.co.za