Tennis

Hoërskool Bellville het vier seuns- en drie  meisiespanne   wat in verskillende ligas  in die noordelike voorstede van die Westelike Provinsie meeding. Aan die einde van die  tennisseisoen   word oorkruiswedstryde teen die wenners van die suidelike voorstede gespeel  om sodoende die WP-wenner in die onderskeie  ligas te bepaal.  Ons spanne word deur ‘n korps professionele afrigters afgerig.   Die 1ste Seunsspan was die Premier Liga-wenners vir die 2022/2023 en 2023/2024 seisoen.

Ons het verskeie WP-/WK-spelers deur die jare opgelewer,  nl.  Soret Nel  (2006 – 2009);  Madale Bezuidenhout   (2006 – 2009);  Carl  Mangold (2008-2010); Teana Engelbrecht (2013);   Janke van Dyk (2014);  Nelius Liebl  (2015),  Rian Westman (2015-2018);   Chanté Kotze en Marlize Oosthuizen (2016-2019); Duard Liebl  (2018);  Albert  Kleynhans (2019-2022)  en Adriaan Engelbrecht   (WP o. 15);  Alida  Herselman  (WP o. 17) en Christelle Smit (WP o.19); Carlo Aucamp  (2022);  Andri Stassen (2022-2023);   Dante Rix (2020-2024)  en Pierre  Badenhorst   (2020-2024), Eben Badenhorst (2024-2025); Liani Matthee (2024) en Tanisha Oerson (2024). Dante Rix word verkies tot die SA Skolespan, 2024.

Ons neem jaarliks aan verskeie  toere en toernooie deel:

  • Die Strand Arend Afslaan-toernooi 
  • Bredasdorp: 1ste span en o. 16
  • CR van der Merwe-toernooi
  • Joe Eveleigh-toernooi
  • Gerrie Berner-toernooi
  • Boland Landbou-toernooi
  • David Samaai-toernooi
  • Agnes Pauw-toernooi
  • Martha Burger-toernooi
Organiseerder
Me J du Toit
jdutoit@hsbellville.co.za