Skaak
Hoërskool Bellville neem elke jaar gedurende die tweede en derde kwartaal aan die WP Topskole-liga deel. In 2022 het ons eerste span na die finale rondte van die Metro-Oos-uitdunne deurgedring, nadat ons as wenners van ons groep aangewys is. In 2023 het ons o. 19- en o. 15-spanne onderskeidelik ‘n 3de en 2de plek by Topskole verower. Drie van ons leerders verwerf WP-kleure in 2023, naamlik Carla Joubert, Wihan Brink en Jordan Diedericks. Wihan Brink word ook in 2023 aangewys as beste speler in die Elite-afdeling by die Hoër Jongenskool Paarl Toernooi. Hy het 6 uit 6 wedstryde gewen en ‘n kandidaat Meester geklop.