Rugby

Hoërskool Bellville speel met tien rugbyspanne  in die WP Premierliga vir skole en het drie spanne per ouderdomsgroep by o. 14- tot o. 16- en vier o. 19-spanne.  Jaarliks speel ons teen al die skole in die noordelike  voorstede, sowel as seunskole van die suidelike voorstede. Dit bring mee dat Hoërskool Bellville op die hoogste vlak kan meeding. Al die A-spanne onderneem jaarliks ‘n toer waar hulle teen skole van regoor die land kragte meet. Hoërskool Bellville bied jaarliks ‘n sportdag vir hoër- en laerskole aan waar meer as 10 000 toeskouers oor twee dae die sportdag bywoon. Ook bied Hoërskool Bellville jaarliks ‘n Internasionale o.19-rugbytoernooi aan, waar spanne van die Boland, Oos-Kaap en die noordelike voorstede van Kaapstad teen spanne van Engeland en Wallis te staan kom.

Hoërskool Bellville het ‘n uitstekende rugbyplan wat gedryf word deur ‘n uitstekende, ervare en bekwame afrigtingskorps. Die afrigtingskorps bestaan uit oudrugbyspelers wat op Curriebeker-vlak  deelgeneem het, asook afrigters wat op provinsiale vlak afgerig het.

Hoërskool Bellville is ook die skool met die meeste onderwysers wat betrokke is by rugbyafrigting. Lg. speel ‘n baie groot rol in die holistiese opvoeding van die seuns. Een van ons afrigters, Luan Franken, is ook jaarliks by die WP-skole rugbyspanne betrokke waar hy verantwoordelik is vir die kondisionering van die WP Cravenweek XV span. Die WP-proewe word jaarliks op ons velde gespeel.

Jaarliks spog Hoërskool Bellville met leerders wat verskeie WP-spanne verteenwoordig. In 2019 het Kyle Milford die WP o. 18- Akademiespan en Jaco Oosthuizen die WP o. 17-Sewesspan  verteenwoordig en in 2021 het albei hierdie spelers vir Maties se o. 20-span gespeel. In 2015 het die Hoërskool Bellville twee SA-skole rugbyspelers opgelewer  waarvan Carlü Sadie ‘n baie belowende rugbyloopbaan by o.a. die Leeus, Sharks en ook oorsee gehad het. In 2019 het Jaco Oosthuizen die meeste punte in die o.19-liga in die Wes-Kaap aangeteken.

In 2022, 2023 en 2024 verteenwoordig  Ashwin Cox onderskeidelik die WP o. 16 Grant Khomo-span, asook die WP o.18 Akademiespan en die o.18 WP Cravenweekspan by die jaarlikse nasionale toernooie.

In 2022 word Hanré Carstens aangewys as Maties (US) se junior voorspeler van die jaar.

Hoërskool Bellville het ook in 2024 die jaarlikse interskole teen Hoërskool DF Malan gewen.

Hoërskool Bellville het ook die volgende Springbokke opgelewer: Dawie de Villiers (kapt.), John Villet en Werner Greeff. Carlü Sadie het vir SA o. 20’s gespeel, Leon van den Heever vir SA 7’s asook Leon Karemaker en Ryan Muller vir SA skole.

Oud-skoliere

Organiseerder
Mnr L Franken
lfranken@hsbellville.co.za