Perdry

Perdry word vanaf 2018 as ‘n skoolsport erken. Leerders ry by verskillende perdryskole in die noordelike voorstede. Die meeste van ons leerders wat perdry, is betrokke by GREEN ACRES RIDING SCHOOL. Leerders kompeteer onder die skool se naam by kompetisies. In 2023 het Catherine van Zyl as lid van die SANESA WP-span deelgeneem by SDRC (Stellenbosch District Riding Club) waar sy in die volgende afdelings top 3-posisies behaal het: Dressage, Prix-carpelli, In-hand utility en Equitation. Sy was ook lid van die SANESA Wes-Kaapspan wat aan die Nasionale kompetisie deelgeneem het.

Organiseerder
Mnr D Aspeling
daspeling@hsbellville.co.za