Landloop

Hoërskool Bellville se Landloopprogram word deur mnr. Mario Jantjies bestuur en die skool is tans die nommer een skool in die Noordsone-landloopdistrik. Hoërskool Bellville neem aan WP se Noordsone-landloopliga deel, waarna die top-atlete na die Noordsone-kampioenskappe vorder.

In 2024 het 22 van ons skool se atlete hul Noordsone-kleure behaal. Sewe van ons top-atlete (Luciano Louw o. 14, JT Arendorf o. 14, Cleo Marthinus o. 15, Hanro Cloete o. 15, Davanté Daniels o. 16, Jaiden Opperman o. 16, Ane de Waal o. 17) het in 2024 hul WP-kleure verwerf, waarna hul die WP-span in Somerset-Wes by die Wes-Kaap kampioenskappe verteenwoordig het. Drie van die atlete (Luciano Louw o. 14, Cleo Marthinus o. 14, Jaiden Opperman o. 15) het die WK-span behaal en het die span verteenwoordig in Limpopo vir die SA-kampioenskappe.

In 2024 het vyf van ons atlete aan klub-landloop deelgeneem en daar het hulle daar WP-kleure verwerf. Die atlete was: Luciano Louw o. 14, JT Arendorf o. 14, Cleo Marthinus o. 15, Davanté Daniels o. 16 en Jaiden Opperman o. 16. Ons jaarlikse landloop-interskolekragmeting was teen die Hoërskool DF Malan en in 2024 klop ons hulle met 385 punte.

Organiseerder
Mario Jantjies
mjantjies@hsbellville.co.za