Krieket

Hoërskool Bellville speel in die Premier 1A-Liga van die WPNS-noordelike voorstede liga.

Hoërskool Bellville het die 1A-Liga in 2022 gewen en weer in die finale gespeel in 2024. Ons het ook die interskole teen Hoërskool DF Malan in 2024 vir die 17de keer in die afgelope 20-jaar gewen. Hoërskool Bellville het in 2016 drie van die vier trofee in die WPNS-noordelike voorstede liga gewen. Hoërskool Bellville staan bekend as een van die top krieketskole in die noordelike voorstede wat elke jaar sterk kompeterende krieketspelers lewer.

Al die A-spanne neem jaarliks aan verskillende toernooie deel. In die afgelope 10-jaar lewer Hoërskool Bellville een Protea-speler, een dogter wat in 2023 in die SA o.19-meisie Wêreldbeker-span opgeneem is ( sy speel ook vir die senior WP “Cape Cobras” Vroue-span) en nege ander WP-spelers op. George Linde het sy buiging vir Mumbai Cape Town gemaak en speel tans vir Cape Cobras.

Dogterskrieket word vanaf 2017 as ‘n skoolsport erken en ons skool het sover twee WP-spelers opgelewer. In 2021 word Kayla Reyneke (16 jaar) verkies tot die SA o.19- dogterskrieketspan, asook vir die senior WP-vrouespan. Kayla Reyneke is ook gekies vir die senior Protea-vrouespan se oefengroep ter voorbereiding vir die 2023 Wêreldbeker vir Vroue wat in Suid-Afrika plaasgevind het. Ons prestasies op die krieketveld is te danke aan ons toegewyde afrigters en ons puik fasiliteite. Ons het drie krieketvelde met nege turfblaaie, ses turfnette vir oefen, asook nog drie sintetiese nette. Ons het tans ook twee binnenshuise krieketnette  wat regdeur die jaar – somer en winter-  gebruik word. Ons het tans 3 x 0.19 , 2 x 0.15 en 3 x 0.14 seunspanne en 2 x dogterspanne wat deelneem aan die 3 verkillende WP-krieketligas.

Met hierdie grondslag toon die skool uitstekende groei en prestasies in krieket.

Organiseerder
Mnr A Erwee
krieket@hsbellville.co.za