Hokkie

Hoërskool Bellville spog met ‘n groot astro-baan asook ‘n mini astro-baan wat aan leerders  van alle spanne die geleentheid bied om op ‘n astro te oefen. Ons skool lewer jaarliks WP-spelers op  –  ‘n duidelike aanduiding van die puik afrigterskorps by ons skool. Ons skool se hokkie-organiseerder, mnr. Kobus Snyman, is deel van die WP-skolehokkie-komitee vir beide seuns- en dogtershokkie. Hy is  betrokke by die WP-proewe, WP-dogters reëls en is die tegniese offisier en ‘n WP-skeidsregter.

Met agt dogterspanne en agt seunspanne is ons ‘n gevestigde hokkieskool wat nie vir enige teenstaanders terugstaan nie. Ons spanne neem jaarliks aan verskeie toernooie deel om ons dogters en seuns soveel moontlik geleenthede  te bied. Die top spanne in die provinsie neem tydens hierdie toernooie teen mekaar deel. Ons eerste spanne speel in drie top toernooie, waarvan die Kaapstad Internasionale Toernooi as die grootste beskou word.  Die eerste dogterspan het in 2018 die goue-afdeling van hierdie toernooi gewen en in 2022 die Skild-finale. In 2023 verwerf die dogterspan silwer in die Skild-finale teen een van die top skole in die land. In 2024 was die meisies tot die “Elite”-afdeling bevorder. Die eerste seunsspan het in 2024 silwer verwerf in die Skild-finale teen een van die top skole in die land.

Hokkie Hoogtepunte 2024:

  • 1ste dogterspan wen vir Hoërskool DF Malan by die interskole
  • o. 14A enB Seuns wen vir Hoërskool DF Malan by die jaarlikse interskole waarvan die A-span vir die 3rde opeenvolgende jaar onoorwonne teen Hoërskoool DF Malan is in alle toernooie en wedstryde
  • Ons lewer hierdie jaar 5 WP-Spelers (4 dogters en 1 Seun)

Hoërskool Bellville lewer elke jaar ‘n aantal skeidsregters en tegniesetafel-beamptes op wat ook ligawedstryde behartig. Die skool bied ook aan elke hokkiespeler die  geleentheid  om, ter voorbereiding  vir die winterliga, aan die somerliga deel te neem wat gedurende die vierde kwartaal plaasvind. Kondisionering  vind op ‘n daaglikse basis,  met die hulp van ons skool se kondisioneringsafrigters, plaas om sodoende te verseker dat elke speler te alle tye in top kondisie is. Hoërskool Bellville bied dus vir elke speler die geleentheid om optimaal te funksioneer en kompeteer. Ons junior spanne neem ook aan verskeie plaaslike toernooie deel. In 2027 gaan ons weer ‘n spesiale internasionale toer na Nederland onderneem.

Organiseerder
Mnr K Snyman
ksnyman@hsbellville.co.za