Gholf

Hoërskool Bellville is by die WP-Gholfunie geaffilieer.  Leerders ding jaarliks  in die Noordsone van die WP-Skoleliga mee. Die gholfseisoen geskied  vanaf April tot en met September en ligawedstryde teen ander skole vind op Maandae plaas. Die skool het ‘n ooreenkoms met ‘n professionele PGA-afrigter om weekliks oefeninge vir spelers aan te bied. Hoërskool Bellville het al puik gholfspelers opgelewer soos Charl Coetzee (SA), Ian Snyman (SA o.19  en WP-Seniorspan) en Zilke Bal (Boland Junior en Senior Damesspan). Zilke is in  2016 tot die WP-Vrouegholfspan verkies. Die skool se gholfspan van 2022 het die jaar onoorwonne afgesluit.

Gholf is ‘n sport wat nie maklik bemeester word nie. Dit is vir Hoërskool Bellville dus van kardinale belang om ons gholfspan tot die beste van ons vermoë toe te rus met die nodige vaardighede wat dit verg om sukses in die sport te bereik.

Organiseerder
Mnr C Theron
ctheron@hsbellville.co.za