E-Sport
Ons e-sportprogram bied ‘n inklusiewe, moderne sportkode wat leerders die kans gee om hul strategiese denke, spanwerk en vinnige reflekse te ontwikkel in gewilde speletjies soos EA FC (FIFA), Rocket League, Fortnite, en vele meer. Ons spog met ‘n groot aantal spanne wat sukses behaal in verskeie groot kompetisies en ligas, insluitend die African Schools League (ASL) en Telkom VS Hoërskole Liga. Ons bied ook sedert 2024 die MP Sportdag E-sport Toernooi aan en gee die toon aan vir die nuut gevestigde Noordelike Voorstede Skole Liga. Bellville is trots om aan die voorpunt van die e-sportbeweging te staan!