Boogskiet

Boogskiet word sedert 2018 by die Hoërskool Bellville aangebied en verskeie leerders verteenwoordig provinsiale spanne. In 2021 verteenwoordig Ruan Heyns die SA-boogskietspan in die “Africa All Stars“-kompetisie en by hierdie geleentheid word hy tot die Afrika Federasiespan verkies. Hoërskool Bellville lewer ook drie Wes-Kaap-skutte in 2021  op wat aan die Nasionale kampioenskappe deelneem. In 2022 was drie leerders deel van die WP-Seniorspan. Hierdie span bestaan uit die top 16  skutte in die WP. In 2022 neem die skoolspan deel aan die Nasionale Boogskiet Skolekompetisie en eindig sewende uit  14 skole in die BE-kategorie en tiende uit 21  skole in die 30-kagetorie. In 2023 word drie van ons leerders tot die WP-Seniorspan verkies. In 2023 het MJ Eygelaar ook gekwalifiseer om aan die SA Nasionale 3D-kampioenskappe deel te neem (Potchefstroom, Noord-Wes) en wen hier ‘n goue medalje. In 2024 word ses van ons leerders tot die WP-seniorspan verkies. Thinus Knoetzen verwerf `n 3de plek in die AGA- Interprovinsiale Kampioenskappe in die Bullseye-afdeling. Verder word Thinus Knoetzen tot die Nasionale Boogskietspan verkies wat in Julie 2025 by Walvisbaai in Namibië teen onderskeidelik 8 verskillende lande deelneem.

Organiseerder
Mnr D Aspeling
daspeling@hsbellville.co.za