Atletiek
Atletiek is een van die skool se kroonsporte. Die afrigtingskorps bestaan uit kwaliteits- en gedrewe afrigters wat die talente van elke atleet ontgin en verder ontwikkel. Die atletiekprogram bestaan uit meer as net tegniese sessies. Atlete word gekondisioneer in die Bellville Kondisioneringsentrum om hul prestasies te verbeter t.o.v. itemspesifieke programme wat deur ons eie sportwetenskaplikes beplan word.
Ons neem jaarliks aan die volgende mededingende byeenkomste deel:
- Kwagga Top 10
- Dirkie Uys top 15
- Fairmont Top15
- Curro Prestige Schools
- Bredasdorp Top 10
- Hugenote Top 20
- WPA klubbyeenkomste
Die immer gewilde Norman Hauzer-byeenkoms word ook jaarliks deur Hoërskool Bellville aangebied.
Gedurende die 2024-atletiekseisoen lewer Hoërskool Bellville die volgende prestasies:
- 60 atlete word tot die Noordsone-span verkies
- 31 atlete word tot die WP-span verkies
- 10 atlete word tot die WK-span verkies wat aan die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe gaan deelneem.
- Lewer die meeste Sone-, WP- en WK-atlete van alle skole in die noordelike voorstede
- 9 atlete behaal Top 10-posisies in SA
- ‘n Groottotaal van 346 medaljes word gedurende die 2024-atletiekseisoen behaal.
MTBS
‘n Skouspel van sang en atletiek. Hierdie byeenkoms is reeds vir 28 jaar lank ‘n tradisie en elkeen van die deelnemende skole (DF Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg) streef daarna om die gesogte sang- en atletiekbekers te verower. Die Hoërskool Bellville handhaaf ‘n trotse rekord by hierdie geleentheid. In 2019 was ons saam met Hoërskool DF Malan die wenners van die sangbeker. In 2022 maak ons koerant-opslae en wen die gesogte MTBS-atletiekbeker. In 2023 word ons o. 17-dogterspan as algehele wenners in hulle ouderdomsgroep aangewys. Ons verower ook die beker vir die beste seunsprestasie van die dag, die Victor Ludorum. In 2024 wen ons 88 medaljes en twee van ons atlete, nl. Brandon Bothma en Tamicha Valentine, verower ook die beker vir die meeste punte in drie items, sowel as die hoogste ASA tabelpunt vir ‘n enkele item. Dit is ook die derde jaar in ‘n ry dat ons skool meer as 1100 punte behaal.