Dramatiese Kunste word by Hoërskool Bellville nie net as ’n akademiese vak aangebied die, maar ook as ’n vertakking wat deel vorm van ons ko-kurrikulêre aktiwiteite, toneel. Ons neem aan kompetisies deel en voer ’n groot hoeveelheid produksies, soos kinderteater en tienertoneelstukke op. Daar is nie net akteurs betrokke nie, maar ook regisseurs, dramaturge, beligting -en stelontwerpers, asook grimeerkunstenaars.
Hierdie jaar het ons afgeskop met ’n besoek aan Laerskool Paratus in die kinderteaterpoduksie Persius die pers spinnekop. Die kinderteater bied jaarliks vir leerders die geleentheid om hul plek onder die verhoogligte te vind.
Hoërskool Bellville neem ook deel aan die Proscenium Toneelkompetisie in die Kunstekaap teater. In hierdie kompetisie word leerders se teatervernuf behoorlik getoets en word daar van hulle verwag om hul staal te wys op die verhoog, radio en televisie.
In 2025 vaar een van ons top dramaleerders, Khian van der Boon uitstekend en dring deur na die Top-8 waar hy gekies was om ons in die finaal te verteenwoordig. Nie net presteer Khian op die verhoog nie, maar vaar ook uiters goed agter die kamera by die Pronk Podium Digitale finaal.
Die derde kwartaal is vol toneel aangeleenthede gelaai. Ons neem deel aan kompetisies soos die Playhouse festival, Pronk Podium en ATKV-tienertoneel.
Deur deel te neem aan hierdie kompetisies ontwikkel leerders nie net verhoog vaardighede nie, maar word ook toegerus met vaardighede wat hierdie leerders na skool en van die verhoog af gebruik te word.
Ons is baie trots om deur die jare toekennings soos beste regisseurs, beligting en tegnici te kon in palm en dit maak ons opgewonde om gou weer so te maak.
Mnr W Zerwick
wzerwick@hsbellville.co.za