Simfoniese Blaasorkes
Die senior orkes, onder leiding van Riaan van Wyk, het in 2024 hul 35ste bestaansjaar gevier. Die feeskonsert het in die Hugo Lambrechts musieksentrum plaasgevind met die skoolkoor, drumline en junior orkes. Soliste soos Francois Voges, Sian Atterbury, Louise Howlett, Selim Kagee en Van Wyk Venter was die absolute hoogtepunt van die jaar. Die orkes was ook deel van TV-opnames vir Uitblinkers op kykNET. Die senior orkes bestaan uit ongeveer 50 musikante waarvan die meeste onderrig by die skool se Musiekdepartement ontvang. Die orkes het reeds vele prestasies, plaaslik en oorsee, behaal en het in 2015 die ope-afdeling van die SAMOV-Kampioenskap gewen. Hulle is die afgelope jare die kategoriewenners van hul afdeling by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod. Albei orkeste presteer jaarliks uitstekend by hierdie geleentheid. Konserttoere na Pretoria, Oudtshoorn, George, Plettenbergbaai en Mosselbaai is ook onderneem. Die gemeenskap word betrek deur buitespelers in sy midde te verwelkom en samewerking tussen skool-, musieksentrum-, universiteits- en professionele orkeste te bewerkstellig. Die jaarlikse hoogtepunte is die WindWorx Fanfare, Stellenbosch Band Extravaganza, Interskole- en Drieskole-konserte asook die Gala-aand wat met koor en gaskunstenaars gepaardgaan. Die junior orkes, wat onder die leiding van me. Leandri Louw staan, is ‘n belangrike leerskool vir ons jong spelers om hul instrumentvaardighede in orkesverband te vestig. Dit is deel van die skool se orkesprogram om ‘n hoë standaard te handhaaf, maar ook ‘n genotvolle musiekomgewing te skep.
Ons senior blaasorkes het in 2024 95% behaal (die hoogste persentasie wat die aand toegeken is) en die juniororkes behaal 91%. Hulle het ook ‘n trofee ontvang by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod, wat by die Hoërskool Bellville plaasgevind het. Welgedaan!
HOËRSKOOL BELLVILLE FEESKONSERT
Briljante Verjaardagvieringe
3 Augustus 2024, Hugo Lambrechts Ouditorium
- Hierdie konsert is gehou ter viering van die Simfoniese Blaasorkes se 35ste bestaansjaar wat nou reeds 17 jaar onder leiding van Riaan van Wyk is.
- Die geleentheid is opgedra aan die skoolhoof, meneer Deon du Plessis, vir sy volgehoue ondersteuning en bevordering van kultuur by die skool.
- Die feeskonsert het sigterslede, oudleerders en huidige lede van die skoolkoor en -orkes ingesluit.
- Die werke wat die aand aangebied is, was van hoogstaande gehalte.
- Die koor, onder leiding van Hannelize du Plessis, begin die aand met ’n roerende weergawe van Nearer My God to Thee op ’n blouskemer verhoog, opgevolg met In Dulci Jubilo en die opwindende Go Down Moses.
- Oudleerders Nathan Huysamen en Theresa van der Merwe, nou beide magistergraad-studente aan die Universiteit van Stellenbosch, lewer hoogstaande uitvoerings van Solo de Concous (Messager), en Aria vir klarinet en klavier deur Bozza.
- ’n Spesiale oomblik was die optrede deur stigterslede van die orkes (1989): Annette Cronje (fluit), Liesbet Moller (klavier) en Suretha Theron (klarinet). Hulle speel The Prayer van David Foster.
- Tiaan Marais, Qurin Janse van Rensburg en Stefan Marais lewer ’n sangtrio van die immergroen The Impossible Dream.
- Die junior orkes, onder leiding van Leandri Louw, vermaak die gehoor met hul weergawes van Flight of the Bangee, Ancient Hunters en
- Die Simfoniese Blaasorkes, bestaande uit oudspelers, afrigters en orkesvriende wat vir dié feesgeleentheid saamspeel, begin die tweede helfte van die konsert met J.S. Bach se
- Die hoogtepunt van die aand is Gershwin se Rhapsody in Blue. Hierdie groot werk is deur die pianis Annerike Skinner, dogter van Deon du Plessis, aan hom opgedra. Dit is met dawerende applous ontvang.
- Huldeblyke aan die skoolhoof (deur die orkes en koor) is deur Riaan van Wyk en Annerike Skinner behartig.
- Die skoolhoof se inisiatiewe en bydraes tot musiekblyspele word verder uitgelig deur die uitvoering van Mythodeo no 10 (Vangelis) soos verwerk vir die Die Wonderklip (2017) asook Lied van die Slawe en As Jy net Glo soos verwerk vir die Vallei van Konings (2022).
- Deon du Plessis sluit ten einde by die sangtrio aan vir Nella Fantasia (Morricone) en die Vita Nostra (uit The Mission) saam met die koor en die orkes.
- Die aand word afgesluit met die dawerende O Fortuna uit die Carmina Burana van Carl Orff.
- Die skool waardeer die samewerking met die Hugo Lambrechts Musieksentrum waarmee ’n noue verbintenis deur die jare gevorm is.