Laai af >> Johann Vos Inskrywingsbrief 2026
Die room van die land se jong musikante het in 2025 deelgeneem aan die gesogte Johann Vos Musiekkompetisie wat vir die 34ste jaar aangebied is.
Daar het deelnemers van so ver as Pretoria, Potchefstroom en Port Elizabeth ingeskryf vir hierdie kompetisie, wat gespog het met ‘n paneel van kundiges wat aan talle Suid-Afrikaanse universiteite verbonde is. Hierdie kompetisie word jaarliks deur die Musiekdepartement van Hoërskool Bellville georganiseer en aangebied om talentvolle hoërskoolleerders uit die hele Wes-Kaap die geleentheid te gee om op ‘n hoë kompeterende vlak deel te neem. Die kompetisie is nie net die langsdurende musiekkompetisie in die land nie, maar het in 2022 ook voortgegaan met ‘n opwindende nuwe ope-kategorie wat toegevoeg is vir pianiste tussen die ouderdom van 18 – 28 jaar. Hierdie pianiste moes ingeskrewe studente by tersiêre instellings wees.
Die kompetisie het sedert 2016 ook met ‘n blaasafdeling en ‘n piccolo-afdeling vir talentvolle laerskoolleerders uitgebrei.
Die kompetisie is oop vir alle hoërskool musiekleerders en gr. 6- en 7 laerskoolleerders.
DIE 34STE JOHANN VOS MUSIEKKOMPETISIE
Pablo Casals het een maal gesê: “Music is the divine way to tell beautiful, poetic things to the heart.” Hierdie woorde het vanjaar besondere betekenis gekry toe die hartsnare weer diep geroer is tydens die 34ste Johann Vos Musiekkompetisie. Die glansryke gala-aande op 26 en 27 Augustus het nie net uitmuntende vermaak gebied nie, maar die gehoor ook herinner aan die tydlose mag van musiek – die mag om jou weg te voer na veraf plekke en jou siel aan te raak.
Bekende figure uit die musiekwêreld was onder die gaste en beoordelaars wat die twee aande bygewoon het. Hierdie gesogte kompetisie word moontlik gemaak deur die ruim borgskap van die bekende prokureur en toegewyde musiekliefhebber, Johann Vos, en word aangebied deur Hoërskool Bellville in vennootskap met die Hugo Lambrechts Musiektrust en die Enid Muriel Musiektrust – ter nagedagtenis aan Olive Lieberz. Vanjaar het die WindWorx Simfoniese Blaasensemble en die Mzansi Filharmoniese Orkes ook as nuwe borge by die projek aangesluit.
Die Johann Vos Musiekkompetisie word jaarliks met groot toewyding deur die skool se musiekdepartement, onder leiding van kultuurhoof me. Marlese den Haan, georganiseer. Sedert 2016 is die kompetisie uitgebrei om ook ’n blaasafdeling vir jong uitblinkers in te sluit en vanaf 2021 is ’n opwindende ope-afdeling vir pianiste tussen 18 en 28 jaar ingestel. Hierdie afdeling bied tersiêre studente die geleentheid om hul talent op ’n nasionale verhoog te meet.
In Hoërskool Bellville se 88ste bestaansjaar is ons trots dat ons hierdie unieke en betekenisvolle tradisie kon voortbou en versterk. Ons bou graag voort op die sukses van vorige jare en spreek ons innige dank uit aan al ons borge wie se bydraes die prysgeld en voortbestaan van hierdie besondere musiekgeleentheid moontlik maak.
Pryse:
Piccolo-afdeling:
- Eerste prys: Die Leon Hartshorne-prys – R2000
- Tweede prys: Die Leon Hartshorne-prys – R1000
- Addisionele pryse:
- John Roos-prys vir die mees belowende pianis – R1000
- Hennie Joubert-prys vir die mees belowende speler wat nie ’n stryker of blaser is nie – R1000
- Jack de Wet-prys vir die mees belowende stryker – R1000
- Leon Hartshorne-prys vir die mees belowende blaser – R1000
- Hugo Lambrechts Trust-prys – R1000
Junior afdeling:
- Eerste prys: Die Leon Hartshorne-prys – R2500
- Tweede prys: Die Leon Hartshorne-prys – R1000
- Derde prys – R500
Senior afdeling:
- Eerste prys – R5000
- Tweede prys – R2000
- Derde prys – R1000
- WindWorx-prys – R1000
Klavier-afdeling (Ope):
- Eerste prys: Die Olive Lieberz-prys vir uitnemende klavierspel – R30 000
- Twee naaswenners – R7500 elk
- Beste uitvoering van ’n Suid-Afrikaanse werk – R3000
- Beste uitvoering van ’n Barok-stuk – R3000
- Beste uitvoering van ’n Klassieke stuk – R3000
Totale pryspakket oor die twee gala-aande: R105 500
Hierdie ruim bydraes van ons borge het dit moontlik gemaak om meer pryse aan te bied en sodoende verdere geleenthede vir jong musikante te skep.
Wenners
26 Augustus – Hugo Lambrechts Musieksentrum
Piccolo-afdeling:
- Eerste plek: Haotian (Mike) Yang – R2000
- Tweede plek: Siqi (April) Lin – R1000
- Addisionele pryse:
- John Roos-prys: Haotian (Mike) Yang – R1000
- Jack de Wet-prys: Jehoshua van Zyl – R1000
- Leon Hartshorne-prys: Benjamin Monvoisin – R1000
- Hennie Joubert-prys: Shekinah Chifamba – R1000
Junior blaasafdeling:
- Eerste plek: Quinn Goliath – R2500
- Tweede plek: Steven McIvor – R1000
- Derde plek: Yazeed Lalkhen – R500
Senior blaasafdeling:
- Eerste plek: Kian Goliath – R5000
- Tweede plek: Hannah Purchase – R2000
- Derde plek: Liam Chester – R1000
Junior klavierafdeling:
- Eerste plek: Eléna Monvoisin – R2500
- Tweede plek: Caleb Hugo – R1000
- Derde plek: Tiaan Lamminga – R500
Beoordelaars: Me. Pamela Kierman, prof. Pieter Grobler en dr. Becky Steltzner
27 Augustus – Hugo Lambrechts Musieksentrum
Senior klavierafdeling:
- Eerste plek: Hermanus Schmidt – R5000
- Tweede plek: Yafei Wang – R2000
- Derde plek: Lexi van der Merwe – R1000
Ope-afdeling (klavier):
- Eerste plek: Kate Watson – R30 000
- Twee naaswenners: Christof Joubert en Marlene Vlok – R7500 elk
- Beste uitvoering van ’n Suid-Afrikaanse werk: Marlene Vlok – R3000
- Beste uitvoering van ’n Barok-stuk: Kate Watson – R3000
- Beste uitvoering van ’n Klassieke stuk: Marlene Vlok – R3000
Beoordelaars: Prof. Hendrik Hofmeyr, prof. Hubert van der Spuy, prof. Tinus Botha, mnr. Albert Combrink en mnr. Jan Hugo
Ons is baie dankbaar vir ons nuwe borge – WindWorx Simfoniese Blaasensemble en die Mzansi Filharmoniese Orkes – wat met groot entoesiasme aan hierdie unieke kompetisie verbind het.
Ons sien met opgewondenheid uit na die 35ste Johann Vos Musiekkompetisie in 2026. Ons glo dat dit van krag tot krag sal groei en nog meer jong musikante die geleentheid sal bied om hul talent op ’n groot verhoog te meet.
Me M den Haan
mdenhaan@hsbellville.co.za