Johann Vos

Die room van die land se jong musikante neem jaarliks deel aan die gesogte Johann Vos Musiekkompetisie wat al vir meer as 30 jaar deur die Hoërskool Bellville aangebied word. Deelnemers van so ver as Pretoria, Potchefstroom en Gqeberha skryf in vir hierdie kompetisie, wat spog met ‘n paneel van kundiges verbonde aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite.

Hierdie kompetisie word jaarliks deur die Musiekdepartement van die Hoërskool Bellville georganiseer en aangebied om talentvolle hoërskoolleerders uit die hele Wes-Kaap die geleentheid te gee om op ‘n hoë kompeterende vlak deel te neem. Die kompetisie is nie net die langsdurende musiekkompetisie in die land nie, maar het in 2022 ook voortgegaan met ‘n opwindende nuwe ope-kategorie wat toegevoeg is vir pianiste tussen die ouderdom van 18-28 jaar. Hierdie pianiste moet ingeskrewe studente by tersiêre instellings wees.

Die kompetisie het sedert 2016 ook met ‘n blaasafdeling en ‘n piccolo-afdeling vir talentvolle laerskoolleerders uitgebrei. Die kompetisie is oop vir alle hoërskoolmusiekleerders en gr. 6- en 7-laerskoolleerders.

HARTSNARE WORD GEROER BY DIE 33ste JOHANN VOS MUSIEKKOMPETISIE

Pablo Casals het gese: “Music is the divine way to tell beautiful, poetic things to the heart” en die hartsnare was vanjaar beslis geroer by die 33ste Johann Vos Musiekkompetisie. Die gala-aande van hierdie gesogte geleentheid het weereens gesorg vir uitnemende vermaak en ‘n feesviering van die mooie mag van musiek. Die mag om jou weg te voer na vêr vêr plekke.

Talle bekendes in die musiekkringe was deel van die gaste en beoordelaars wat die twee funksies op 28 en 29 Augustus bygewoon het. Die kompetisie word geborg deur die bekende prokureur en musiekliefhebber, Johann Vos en aangebied deur Hoërskool Bellville in samewerking met die Hugo Lambrechts Musiektrust en die Enid Muriel Musiek Trust – ter herinnering aan Olive Lieberz. Sonder hul ruim bydraes sou hierdie legendariese kompetisie nie kon voortleef nie. Ons nuutste borg is  die WindWorx Simfoniese Blaasensemble en die Mzansi Filharmoniese orkes.

Die uiters suksesvolle kompetisie word jaarliks deur die skool se musiekdepartment, onder leiding van die kultuurhoof, mev. Marlese den Haan georganiseer en aangebied om talentvolle hoërskoolleerders die geleentheid te gee om op ‘n hoë kompeterende vlak deel te neem. Sedert 2016 het die kompetisie uitgebrei met ‘n blaasafdeling vir laerskoolleerders met uitnemende talent. Die Johann Vos Musiekkompetisie is nie net die langsdurende musiekkompetisie in die land nie, maar het verder ook sedert 2021 voortgegaan met ‘n opwindende ope-kategorie wat toegevoeg is vir pianiste tussen die ouderdom van 18 – 28 jaar. Hierdie pianiste moet ingeskrewe studente by ‘n tersiêre instelling wees.

Ons is baie opgewonde om in Hoërskool Bellville se 87ste bestaansjaar te kan voortgaan met hierdie unieke musiekkonsert. Ons bou graag voort op die sukses van verlede jaar en wil ons borge van die prysgelde hartlik bedank.

Die prysgelde en meegaande borge is as volg:

 Piccolo afdeling

 Die Leon Hartshorne-prys:

  • Eerste prys: Die Leon Hartshorne-prys – R2000
  • Tweede prys: Die Leon Hartshorne-prys – R1000
  • Addisionele pryse:
    • Die John Roos prys vir die mees belowendste pianis: R1000
    • Die Hennie Joubert prys vir die mees belowendste speler wat nie ‘n stryker of blaser is nie: R1000
    • Die Jack de Wet prys vir die mees belowendste stryker: R1000
    • En die Leon Hartshorne prys vir die mees belowendste blaser: R1000
    • Die Hugo Lambrechts Trust prys ter waarde van R1000

Junior afdeling

  • Eerste prys: Die Leon Hartshorne-prys – R2500
  • Tweede prys: Die Leon Hartshorne-prys – R1000
  • Derde prys: R500

Senior afdeling

  • Eerste prys: R5000
  • Tweede prys: R2000
  • Derde prys: R1000
  • Die WindWorx prys van R1000

Klavier afdeling

  • Eerste prys in die Ope afdeling is die R50 000 Olive Lieberz Prys vir uitnemende pianisspel
  • Daar is dan ook 2 pryse van R7500 vir die twee naaswenners
  • Beste optrede van ‘n Suid-Afrikaanse werk: R3000
  • Beste optrede van ‘n Barok stuk: R3000
  • Beste optrede van ‘n Klassieke stuk: R3000

Die totale pryspakket oor die twee gala-aande was R105 500 en ons kan weereens net die borge bedank vir hulle ruim donasies.

‘n Kompetisie van hierdie gehalte kan nie sonder die ondersteuning van ons borge plaasvind nie. Hul onbaatsugtige bydraes het ons die geleentheid gebied om meer pryse aan te bied, asook meer geleenthede vir leerders en studente te skep.

Op Woensdag, 28 Augustus het die Piccolo- afdeling, junior en senior blaas/perkussie- en junior klavierafdeling se finaliste opgetree in die Hugo Lambrechts Musieksentrum en die wenners was as volg:

PICCOLO-AFDELING:

  • Evan West wen R2000 in die 1ste plek
  • Haotian (Mike) Yang stap weg met die 2de plek en R1000 prysgeld
  • Addisionele pryse:
    • John Roos prys vir die mees belowendste pianis: R1000 aan Haotian (Mike) Yang
    • Hugo Lambrechts Trust prys R1000 aan Saara Orrie
    • Jack de Wet prys vir die mees belowendste stryker: R1000 aan Gideon Venter
    • Leon Hartshorne prys vir die mees belowendste blaser: R1000 aan Evan West

JUNIOR BLAASAFDELING:

  • Quinn Goliath kry 1ste plek met prysgeld van R2500
  • Eléna Monvoisin stap weg met die 2de plek en R1000 in prysgeld
  • Lucq Lawson 3de plek met R500

SENIOR BLAASAFDELING:

  • James Cilliers Kry 1ste plek met ‘n prysgeld van R5000
  • Logan Adams Kry 2de plek met R2000
  • Kian Goliath In die 3de plek wen R1000 in prysgeld

PIANISTE:

 JUNIORAFDELING:

  • Juntian (David) Yang Die wenner is wat wegstap met R2500 se prysgeld
  • Yafei Wang In die 2de plek weg met R1000
  • Hermanus Schmidt in die 3de plek met R500 se prysgeld

Die beoordelaars van bogenoemde kategoriëe was Me. Pamela Kierman en Prof. Albie van Schalwyk en Mnr. Vaughan Pietersen.

Op 29 Augustus bekoor die pianiste die gehoor en die beoordelaars met hulle optredes in die Hugo Lambrechts Musieksentrum en die wenners is:

PIANISTE:

 SENIORAFDELING:

  • In die 1ste plek is Madison le Roux wat met prysgeld van R5000 wegstap
  • In die 2de plek is Alexander McIvor met R2000 se prysgeld
  • In die 3de plek wen Matthew Green R1000 se prysgeld OPE-AFDELING:
  • Vivianna Shmanova Pearson en Dané van Graan is gesamentlike wenners met prysgeld van R25 000 elk.
  • Die naaswenner is Christof Joubert en wen R7500
  • Beste opvoering van ‘n Suid-Afrikaanse stuk: R3000 aan Dané van Graan as wenner
  • Beste opvoering van ‘n Barok stuk – R3000 aan Dané van Graan as wenner
  • Beste opvoering van ‘n Klassieke stuk – R3000 aan Vivianna Shmanova Pearson as wenner

Die beoordelaars was Prof. Hubert van der Spuy, Me. Zorada Temmingh,Dr. Benita van Blerk en Prof. Hendrik Hofmeyr

Ons is baie dankbaar vir ‘n splinternuwe borg wat op die aand navore gekom het en wat graag sy naam aan hierdie unieke kompetisie wil verbind. Windworx Simfoniese Blaasensemble en die Mzansi Filharmoniese orkes.

  • Ons sien uit om hierdie uitmuntende en gesogte kompetisie in 2025 as die 34ste Johann Vos Musiekkompetisie aan te bied en ons glo die kompetisie gaan slegs van krag tot krag groei en soveel meer jong musiekante die geleentheid bied om te kan meeding.

Ons is dankbaar en trots om te kan spog met ‘n totale pryspakket van : R105 500-00

Organiseerder
Me M den Haan
mdenhaan@hsbellville.co.za