Leerders word aangemoedig om verder as kunstenaars te groei deur aan verskillende Eisteddfods deel te neem. Ons is trots op die volgende leerders wat trofeë ontvang het vir hulle afdelings by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod:
Baie geluk aan Marli Neethling wat by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod die volgende trofees verwerf het:
- Gedramatiseerde monoloog (kategoriewenner)
- Non dramatised Poetry (Prescribed and Own choice) (kategoriewenner)
- Dramatised monologue (kategoriewenner)
- Dramatised Poetry (kategoriewenner)
- Non dramatised prose (Prescribed and own choice) (kategoriewenner)
- Nie gedramatiseerde prosa (Voorgeskrewe en eie keuse) (kategoriewenner)
Sy ontvang dan ook ‘n spesiale toekenning vir die mees veelsydigste deelnemer in drama in die hoërskool & ope-afdeling.
Baie geluk met hierdie ongelooflike puik prestasies. Ons is geweldig trots op haar.
Die volgende leerders is genooi om hul stukke te kom speel (of voor te dra) by die TIE se prestige konsert die 17de en 18de Sept.
- Thomas Visagie – solo fluit
- Danél Theron – solo sang & duet
- Marli Neethling – Prosa
Die volgende leerders wen ook ‘n trofee by hierdie twee geleenthede:
- Thomas Visagie (beste prestasie in beide kategorieë – Barok & vroeër, Klassiek & Romanties of Modern
- Danél Theron (beste prestasie Klassiek en Kontemporêr)
- Luané Conradie (Openbare Redevoering)
- Lanique Burger (Skeppende Skryfwerk)
- Amelia de Villiers (Skeppende Skryfwerk)
Me M den Haan
mdenhaan@hsbellville.co.za