Oueraande

Die skool hou twee oueraande per jaar wat slegs op uitnodiging deur ouers bygewoon word:

• 2de kwartaal
• 3de kwartaal

Ons oueraande is een van die belangrikste kommunikasiekanale tussen ouers en opvoeders. Ons is dankbaar vir elke ouer wat ons besoek om oor hulle kinders te gesels. Alhoewel heelwat ouers hierdie kans benut, is daar tog ouers wat hierdie ideale gespreksgeleentheid misloop.
Dikwels is dit juis die ouers van kinders wat akademies sukkel. Ons nooi u daarom weer hartlik uit om in u kind se belang met ons te kom gesels.

Besoeke hoef nie net tot hierdie aande beperk te wees nie. Dit is belangrik dat u ons ook deur die loop van die jaar sal kontak ten opsigte van enige saak wat u kind raak Ons hoop dat u ons dan met ‘n positiewe gesindheid van samewerking sal nader. Die skool is meer as ooit tevore afhanklik van die ouers se steun en samewerking in belang van ons kinders