Leerderondersteuning
CAMI-leesprogram
Ons skool bied die rekenaargebaseerde leesprogram, Cami Reader, aan om leerders te help om met begrip te lees en terselfdertyd hul leesvaardighede op te skerp. Hierdie klasse word van Maandag tot Donderdag ná skool in die biblioteek aangebied.
Alle graad 8- en 9-leerders kry gedurende skooltyd die geleentheid om hierdie leesprogram in Afrikaans en Engels te volg. Dit is verpligtend en vorm deel van die skoolrooster.
CAMI-wiskunde
Daar word elke middag, Dinsdag tot Donderdag, ondersteunende wiskundeklasse aangebied. Die leerders wat die rekenaargebaseerde Cami-program volg, word deur ‘n onderwyser ondersteun.
B-A-Tutors
Tutorklasse vind plaas op elke Maandag en Donderdag van 14:30 – 16:00.
Die B-A-Tutors is almal gr. 10-, 11- en 12-toppresteerder in verskeie vakke wat hulle tyd vrywillig aanbied om leerders een-tot-een, of in groepe, te help met spesifieke areas van die werk waarmee hulle sukkel. Leerders kan slegs deur hulle vakonderwysers na die tutorprogram verwys word. Die vakonderwysers en tutors werk dan saam om hulp aan die leerders te verleen.
“Thinking Schools”
Vanaf 2017 word “Thinking Schools” in die Hoërskool Bellville geïmplementeer. Die skool is geakkrediteer by die Universiteit van Exeter in Engeland. Die doel is om ‘n denkskool te skep wat kritiese en kreatiewe denke bevorder sodat ons in die nuwe tegnologiese eeu gereed kan wees vir alles. Dit behels die volgende denkkaarte en denkprosesse.
Sielkundigehulpdiens
Voorligting word aan die leerders deur die onderwyser-voorligter en vakonderwysers gegee. Die voorligter/sielkundige is beskikbaar indien hulp nodig is met vakkeuse in graad 9, beroepskeuse in graad 12 en enige studie- en persoonlike probleme.
Ons fokus op bepaalde beginsels wat in die Hoërskool Bellville toegepas word, wat die fondamente van elke leerder vir die toekoms lê.
- Diensbaarheid sodat jy met trots kan omgee en betrokke kan wees.
- Uitnemendheid deurdat jy met oorgawe jou drome nastreef.
- Menswaardigheid omdat jy hierdie eienskappe elke dag sal uitleef.
- Integriteit sodat elkeen van julle eendag ‘n trotse Bellville-Leeu kan wees.
Ekstra klasse
- Wiskunde
- Wetenskappe
- Engels
E-leer (Sien onder interaktiewe leer)
- Wolkskool
- Moodle