AANSOEKPROSEDURE (GR 8)

TYDSRAAMWERK VIR TOELATING:

  • Skooltoelating open : 10 Maart 2026
  • Skooltoelating sluit : 14 April 2026
  • WKOD-Stelsel vertoon uitslag van alle aansoeke : 28 Mei
  • Laaste dag van aanvarding vir aansoeke deur ouers : 15 Junie
  • Vul beskikbare oop plekke : 31 Julie

Alle inskrywings by Hoërskool Bellville word in lyn met die bepalings van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) gedoen.

Voornemende leerders moet onthou om aanlyn op die WKOD se elektroniese stelsel aansoek te doen.  Klik hier om na die WKOD se inskrywingsportaal te gaan: https://wcedonline.westerncape.gov.za/admissions-202324

Indien Hoërskool Bellville u eerste keuse is, moet u asseblief eerste die onderstaande Google vorm voltooi. Me. Fabricius sal u per e-pos kontak sodra die inligting ontvang is.

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfhwboPVrXGAjYNXyZAJN5pAEy5g0txl9fiUPyK8ySw4c-f5g/viewform?usp=sharing&ouid=102519501126487480833

  • Google vorm voltooi indien u eerste keuse Hoërskool Bellville is.
  • Voltooi die Leerder Inligtingsvorm wat beskikbaar is op die skool se webblad indien u eerste keuse Hoërskool Bellville is.
  • Die inligtingsvorm moet die volgende insluit:
    • Laaste rapport van leerder
    • ID-dokument/geboortesertifikaat van leerder
    • Bewys van adres in ouers se naam

Inligtingsvorm en dokumente moet asb. ge-epos word aan:
Raché Fabricius: rfabricius@hsbellville.co.za

Navrae kan gerig word aan: rfabricius@hsbellville.co.za

AANSOEKPROSEDURE (ALLE GRADE)

AANSOEKVORM (Gr 8 – 12): 2026

Die Hoërskool Bellville is ‘n tradisieryke skool wat TOEKOMSGERIG is en 2026 met vertroue aanpak. Waar waardes, dissipline, trots en uitstaande AKADEMIESE PRESTASIE reeds vasgelê is.

U aansoek moet vergesel wees van:

    • Laaste rapport
    • Geboortesertifikaat
    • Bewys van adres
    • Vakkeuse-vorm
    • Enige ander stawende dokumente wat u graag sou wou insluit

Voltooide aansoekvorm, vakkeuse-vorm vir die spesifieke graad en stawende dokumente moet asseblief ingehandig of ge-e-pos word na me. Raché Fabricius.

Kontak ons gerus indien u enige navrae het:
Raché Fabricius: rfabricius@hsbellville.co.za