Swem
Swem by die Hoërskool Bellville geskied hoofsaaklik in die somermaande en ons fokus op die ontwikkeling van leerders se swemvaardighede en -fiksheid. Leerders kry die geleentheid om twee maal per week deur ‘n gekwalifiseerde swemafrigter afgerig te word. Ons neem jaarliks aan sowat ses verskillende liga-byeenkomste deel en vele van ons swemmers presteer op beide provinsiale en nasionale vlak. In 2022 kwalifiseer Adriaan den Haan om aan die Suid-Afrika Grand Prix swembyeenkoms in Durban deel te neem, waar hy 9de in die 400m individuele wisselslag eindig.
In 2024 behaal twee van ons leerders, nl. Stefan den Haan en Kaylin Fabricius, ‘n top 3 posisie in verskeie slae by die vlak 3 SASA-byeenkoms en kwalifiseer ook om deel te neem aan die Wes-Kaap kampioenskappe wat 5-9 Des. 2024 plaasvind.