Bergfiets

Sedert 2018 word bergfiets as ‘n amptelike sport by Hoërskool Bellville beoefen en is dit ook een van die vinnigste groeiende sportsoorte by die skool. Ons fokus is op die ontwikkeling van leerders se ryvaardighede,
asook hul fiksheid. Hoërskool Bellville het sy eie “pump-track” op die skoolterrein ontwerp en gebou vir die verdere ontwikkeling van ons ryers, asook om hoë gehalte kompetisies aan te bied.
Jaarliks neem ons skool se fietsryers aan die grootste en bekendste wedrenne regoor die Wes-Kaap deel.

Organiseerder
Mnr S du Toit
sdutoit@hsbellville.co.za