Een van die klubs by Hoërskool Bellville is die Verhooggrimering-klub, wat tydens konserte en opvoerings die grimering behartig. Daar is gratis opleiding vir belangstellendes. Ons vergader elke Woensdag na skool in lokaal C1 vanaf 2:15 – 3:30. Leerders hoef glad nie ‘n aanleg vir kuns te hê om aan hierdie aktiwiteit deel te neem nie. Hulle moet net passievol en entoesiasties wees! Daar is 40 dogters in ons span. Mev D. Stassen en mej. N. Casals is in beheer van hierdie aktiwiteit. Ons nooi julle graag om by ons aan te sluit, en jul kreatiewe denke te laat floreer.

 

Organiseerder
Me D Stassen
dstassen@hsbellville.co.za
Me N Casals