CSV
Die Christenstudentevereniging is ‘n klub waarin leerders die Christelike geloof beoefen en in die skool promoveer. Leiers word jaarliks verkies en is verantwoordelik vir die geestelike leiding binne die skool soos CSV-week, kringe, byeenkomste, uitreike en skakeling met ander skole.
Die CSV bied ook jaarliks tydens die Septembervakansie ‘n uitreik na die Canzibe Sendingstasie in die Transkei aan.
Verskillende geestelike kampe word aangebied, bv. ‘n avontuurkamp vir graad 8’s, ‘n senior kamp, ‘n Impulse-leierskamp en ‘n “Worship”-kamp.