Matriekuitslae
2024
2023
2022
Matriektoekennings stroom in
24/02/2023
Die toekennings stroom in vir Hoërskool Bellville se akademiese uitnemendheid en prestasies.
Ons skool het by die MEED – Metro East Education District se gesogte toekenningsfunksie met agt toekennings vir 100% in 2022 se NSS-eksamen weggestap.
Hoërskool Bellville het gisteraand die volgende toekennings ontvang:
- Die me. Landeka Diamond-spesiale direkteurstoekenning, omdat ons skool ‘n 100%-slaagsyfer vir tien agtereenvolgende jare het.
- Slaagsyfer tussen 90% – 100 % in 2022 se NSS-eksamen.
- Aantal onderskeidings vir Engels Eerste Addisionele Taal.
- Aantal onderskeidings vir Wiskunde.
- Aantal onderskeidings vir Wiskunde Geletterdheid.
- Meeste A-gemiddeldes in Verbruikerstudies in Metro-Oos.
- Aantal onderskeidings vir Lewensoriëntering.
- Meer as ‘n 100 Baccalaureus-toekennings in die 2022 se NSS-eksamen.
Ons is trots op al ons leerders en personeel en waardeer die ondersteuning van ons ouers.
Hoërskool Bellville wen die Landeka Diamond Spesiale Direkteurstoekenning
24/02/2023
Hoërskool Bellville wen die me. Landeka Diamond Spesiale Direkteurstoekenning, omdat ons skool ‘n 100%-slaagsyfer vir tien agtereenvolgende jare het. Dié aankondiging is gedoen op die MEED – Metro East Education District se gesogte toekenningsfunksie vir die 2022 se NSS-eksamen. Ons leerders en personeel se harde werk sit Hoërskool Bellville se tradisie van akademiese uitnemendheid voort.
Hoërskool Bellville onder die Top-20-Afrikaanse skole in die land en vyfde in die Wes-Kaap met die meeste onderskeidings per getal leerders!
02/02/2023
Hoërskool Bellville se akademiese uitnemendheid duur voort!
Hoërskool Bellville is elfde onder die Top-20-Afrikaanse skole in die land en vyfde in die Wes-Kaap met die meeste onderskeidings per getal leerders! Dit is volgens die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se verslag oor die matriekuitslae van 2022 wat bekend gemaak is.
Die volgende vakke het ook die Top-20 gehaal met die aantal onderskeidings per getal leerders!
- Afrikaans (15de in Suid-Afrika)
- Wiskunde (16de in Suid-Afrika)
- Wiskunde Geletterheid (15de in Suid-Afrika)
- Rekeningkunde (14de in Suid-Afrika)
- IGO (12de in Suid-Afrika)
Bellville se 2022-matrieks skitter!
01/02/2023
Die matriekuitslae van 2022 is ‘n verdere bewys van die hoë akademiese standaarde van uitnemendheid wat deur die skool gehandhaaf word.
Hierdie matriekuitslae kan nie bereik word indien die volgende nie in plek is nie:
- ‘n Spanpoging van personeel wat vanaf gr. 8 ‘n bepaalde werksetiek vestig.
- Die wil by personeel om leerders na uitnemendheid te laat streef.
- Die pogings van die skool om leerders te help deur ekstra klasse, lenteskool en mentorklasse aan te bied.
- Projekte soos Planeet 51+, waardebalkies, Top-20 en Top-20-verbetering, Thinking schools, Moodle en Wolkskool, verseker dat die skool op die voorgrond van die akademie bly.