Wolkskool
Die Wolkskool is ʼn wêreldgehalte aanlynleer-bestuurstelsel met inhoud wat aansluit by nuwe, moderne wêreldgehalte onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu. Die Wolkskool bied lesse in video-formaat, aanlyn assesserings, werkkaarte en aflaaibare werkboeke.
In 2024 ontvang al Hoërskool Bellville se leerders toegang tot Die Wolkskool. Leerders wat in 2023 reeds ʼn profiel gehad het, moet asseblief nie ʼn nuwe profiel skep nie. Jou 2023-profiel sal outomaties in 2024 weer aktief gemaak word.
Alle leerders wat nie in 2023 ʼn profiel gehad het nie, moet in 2024 ʼn profiel gaan skep. So skep jy jou profiel:
- Gaan na wolkskool.co.za
- Klik op “Sluit aan”
- Kies die “Leerder”-blok
- Vul jou naam, van, e-posadres en wagwoord in
- Klik op “Skep rekening” (onthou om die bepalings en voorwaardes te lees)
- Kies by “Tipe ID-nommer” die “Suid-Afrika”-opsie
- Vul jou ID-nommer in (NB: DIT MOET DIE LEERDER SE ID-NOMMER WEES)
- Kies jou provinsie
- Kies jou skool (moenie op die lys soek nie; sleutel jou skool se naam by die soekspasie in)
- Op die volgende blad moet die ouer se besonderhede voltooi word
- Naam, van, e-posadres, selfoonnommer, ID-nommer en beroep
- Hier kan die bepalings en voorwaardes weer gelees word
- Klik op “Gaan voort”
- Kies die leerder se graad (jy kan hier net een graad kies, maar jy kan dit later weer verander)
- Jou profiel is nou suksesvol geskep
Hoërskool Belville dek die kostes van alle leerders se wolkskool-profiele. Onthou asb. dat elke leerder sy/haar eie profiel moet hê en dat elke leerder slegs een profiel mag hê.
Kontak vir Hildegard of Mariesa by hildegard@skole.co.za/mariesa@skole.co.za indien jou rekening vra vir ʼn betaling.
EERSTE keer wanneer jy in wolkskool inteken, kies SLUIT AAN:
Dit is slegs die EERSTE keer wat jy moet SLUIT AAN klik en so registreer. Daarna sal jy altyd op TEKEN IN klik:
LET WEL! Die skool is NIE verantwoordelik vir leerders se Wolkskool-aantekenproses nie. ELKE leerder saam met sy ouers teken SELF in op Wolkskool. Teken ASB. die aantekenbesonderhede iewers aan sodat dit nie verlore gaan nie.
Om al die vakke te sien wat in jou graad is, klik aan die linkerkant op INHOUD:
Elke vak het eindelose lesse, video’s, oefeninge, assesseringsvragies, ens. ALLES in AFRIKAANS!
Graad 9 Natuurwetenskappe: Les oor Sure en Basisse met ‘n video
Graad 9 Afrikaans: Gedigte ( My siel pa)
Hierdie les het ‘n video, werkkaart EN ‘n Assessering.