O365
MOODLE EN O365 MET TEAMS
(LEERDERS)
Hoërskool Bellville het ‘n GROOT deurbraak gemaak deur ons twee aanlyn platforms aan mekaar te verbind. Dit sal baie handig te pas kom. Hier is die stappe vir hoe om nou op die platforms te kom. Let wel: Die instruksies in die Paratus-dagboek is nou ongelukkig nie meer korrek nie.
Moodle-leerprogram:
Die leerders se inligting en al hulle vakke word jaarliks herlaai. Dit gebeur nadat almal se vakke finaal bevestig is en dan verskaf die sekretaresse die inligting sodat ons dit in Moodle kan laai. Sommige onderwysers werk meestal in Moodle en sommige werk weer meestal in Teams. Leerders word in O365 geskep, en dan word hulle outomaties deurgetrek na Moodle. Dan laai ons ‘n lêer vir elke klas, asook die onderwysers om hulle vakke en groepe te aktiveer. As ‘n leerder nou aanteken op Moodle, sal sy vakke met al die hulpbronne wat daarin gelaai is, verskyn. Terselfdertyd sal hy outomaties in Teams in ‘n groep geskep word vir al sy vakke. Die onderwysers sal dan ook in Teams hulpbronne laai.
Voordeel van die program:
As u inskakel op hierdie programme, sal u die jaarbeplanning, oefentoetse en memorandums en die klaslesse (in sommige gevalle) waarneem. Baie onderwysers maak al gebruik van aanlyn toetsies of take. Wanneer die leerder die toets voltooi het, word dit outomaties gelaai en die onderwyser ontvang dit aanlyn.
Hoe om dit te gebruik:
Die volgende adres neem u na Hoërskool Bellville se webwerf: http://www.hsbellville.co.za/
Klik op die webwerfskakels onder die foto’s op die Interaktiewe Leer-ikoon.
Klik nou bo regs op:
Dan sal hierdie skermpie verskyn:
Username: hier vul jy jou O365 aantekenbesonderhede in:
toelatingsnommer@student.hsbellville.co.za (jou eie toelatingsnommer)
Password: Bellville123
Jy kan die blokkie “Remember username” klik, dan hoef jy dit nie weer volgende keer in te tik nie.
MOENIE op “Log in” klik nie.
Klik op OpenID Connect.
Nou moet die leerder weer sy O365 besonderhede invoeg om te verbind met O365 ook. Gebruik dieselfde “username” en “password” as wat hy/sy vir Moodle getik het.
Indien die “password” foutief is, kontak asb. die skool. Ons sal dit herstel, en julle dan laat weet.
Nou sal die leerder in Moodle, SOWEL as O365 (Teams) gekoppel wees. Sy vakke sal almal op die skerm verskyn. Indien daar ‘n fout is, stuur ‘n e-pos na jou onderwyser.
Aan die regterkant van Moodle se skerm is ‘n direkte skakel na Teams. Klik daarop en dan word die leerder na Teams geneem waar hy ook deel sal wees van groepe vir al sy vakke. Sommige onderwysers werk in Moodle en ander weer in Teams, so daar is nie inhoud in alle vakke op Teams nie. Daar kan ook assesserings in Teams gedoen word.
Office 365:
Wat ‘n groot voorreg dat elke leerder in die skool gratis toegang tot O365 kry vanaf die WKOD!
Wat behels dit?
- Elke leerder kry ‘n unieke e-posadres wat ons dan in enige E-Leer-kommunikasie kan gebruik. Hierdie adres word ook in Moodle gelaai en dan kan ons ook die kommunikasie in Moodle lewendig hou. Leerders kan boodskappe i.v.m. skoolwerk aan mekaar asook aan die onderwyser stuur.
- Elke leerder het volle toegang tot Word, Excel, Powerpoint, OneNote, Outlook, OneDrive en nog baie wonderlike toeps (“Apps”) in die Office 365-omgewing. Alles word in die “Cloud” gestoor.
- Die volledige Office 2016 soos wat ons tans in die skool gebruik, kan gratis op vyf toestelle by die huis afgelaai word.
- Die hele skool se profiel is reeds geskep.
- Om aan te teken, tik portal.office.com in die URL-blokkie. “Username” is jou toelatingsnommer@student.hsbellville.co.za en indien jy nog nie die “password” verander het nie, is dit Bellville123. Stuur ‘n e-pos as dit nie werk nie.